Welkom by die

Evangelies-Gereformeerde Kerk Alberton

Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is 'n lewenskragtige, evangeliese kerk wat op 'n gereformeerde grondslag berus.

Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika reik die hand van vriendskap en welwillendheid na elke Christus-beleidende Kerk. Hierdie Kerk distansieer hom geheel en al van die Wêreldraad van Kerke sowel as die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en alle ander affiliasies van genoemde rade.

Grondslag van die kerk

Hierdie Kerk is gefundeer op die Heilige Skrif, die onfeilbare Woord van God. Ons glo en bely 'n enige, algemene kerk wat 'n heilige vergadering is van ware gelowiges in Christus, wat hulle saligheid in Jesus Christus verwag en gewas is deur Sy bloed, geheilig en verseël deur die Heilige Gees.

WAT GLO ONS?

ons missie

pix

Om die Evangelie van Jesus Christus In waarheid te verkondig en passievol uit te reik na die gemeente en die gemeenskap

ons visie

pix

Om 'n Geesvervulde gemeente te wees wat vir mekaar in liefde omgee.